0
Disse

Menu

Eet soveel jy wil- of kan!

0
Gange

Ons spyskaart bestaan uit 9 gange, van 16 disse wat na mekaar voorgesit word. Van alles kan jy soveel eet as wat jy wil – of kan! Maar dis glad nie so maklik nie…
Feitlik al die disse word net daar, voor jou, op oop vure voorberei – dit waarborg van-die-rooster-af-vars seekos – soos dit hoort!

Wees rustig,  ontspan – ons eet amper drie uur lank. En onthou, niks raak ooit op nie – die ergste wat kan gebeur is dat nog op pad is!

Maar asseblief, moet nie handgesnyde kristalglase of silwer eetware verwag nie! Ons is op die strand en maak soos ons maak langs die Weskus. As dit nie in jou smaak val nie, of jy reken die lewe skuld jou meer, gaan jy waarskynlik meer tuis voel in ‘n duur Franse Restaurant.

*Alle kos wat oorbly (en daar is gewoonlik baie) word aan behoeftige gesinne in die omgewing uitgedeel. Hier mors ons niks nie.

Spyskaart

En natuurlik deurentyd potbrood, wat die hele tyd net daar gebak word - met plaasbotter en konfyt. (Pasop vir hom – die lekkerte daarvan gaan jou verlei!) Feitlik al die disse word net daar, voor jou, op oop vure voorberei – dit waarborg van-die-rooster-af-vars seekos – soos dit hoort!

Geregte:

1. Mosselvleis gebraai met uie, handevol knoffel en plaasbotter; 
Mossels-in-skulp gestoom in uie;
2. Weskus-snoek en soet-soetpatats – Weskus styl;
3. Seekospot met 4 soorte vis, massas kalamari, mossels, en kilogramme skoongemaakte garnaalsterte;
Rys (Vir die wat die sousies wil opvang) 
Tuinslaai – (Ons praat nie graag oor slaai nie);
Groentedis met melk en kaas. (Tot Karoo-boere eet van hom.)
4. Vleispotjie (Vir diegene wat nie eintlik seekos eet nie.);
5. Vangs v/d Dag – met uie en botter/olyfolie. Die sjef sal sê;
6. Weskus Kreef/ Prawns – addisioneel (Vir die wat bestel het. Net as jy homself uitgehaal het, is hy varser);
7. Kalamari steak – met uie gebak in botter/olyfolie. (Dis hoe hy eintlik moet smaak);
8. Waatlemoen en spanspek of Tropiese Vrugte (Gly in jou keel af)
9. Koffie en koeksisters – soet na die sout; (Sorry – we do not do tea!)

Slegs groen SASSI produkte word in die buffet gebruik.

Menu is onderhewig aan seisoene en beskikbaarheid.

*GARNALE word deur Sassi gelys as Oranje, dus “Dink twee keer”. Ons gebruik slegs geboerde garnale;

*WESKUS KREEF word gelys deur Sassi as Rooi, dus “Moenie koop nie”. Dit is nie deel van ons buffet nie en is addisioneel. Besluit dus self.

Geregte:

1. Mosselsvleisgebraai met uie, handevol knoffel en plaasbotter;