De Vette Mossel Grootbrak 2017-05-22T22:22:20+00:00

ONS UITGANGSPUNT

Dis ‘n ervaring!

Ons by De Vette Mossel poog om veel meer te bied as bloot ‘n ete – dit is ‘n ervaring, in ongewone en informele omstandighede, waar jy saam met vriende (oues en nuutgevondes) gesellig saam verkeer, waar niemand jou aanjaag nie en waar jy soveel seekos eet as waarvoor jy lus is – net soos ons langs die Weskus maak…

Die uitstekende voorbereiding van top gehalte seekos, in oorvloed, en waarde vir geld, is ons erns.

SKINK ‘N WYNTJIE!

Met aankoms verwelkom ons jou met ‘n gratis glas goeie Kaapse wyn. Ons het ook ‘n kontantkroeg met fantastiese beach cocktails, die beste Kaapse wyne & alle ander bekende drankies. Ons vra ook geen kurkfooi nie.