Loading...
Funksies 2017-09-06T14:19:06+00:00

Troues & Funksies

DROOM VAN ‘N TROUE OP DIE STRAND? DIT HOEF NIE ‘N DROOM TE BLY NIE! GESELS MET ONS OM JOU TROUDAG WAARLIK ONVERGEETLIK TE MAAK – JY IS DIT WERD!

Ons Strand Seekos-Restaurant is die perfekte strand trou venue, waar liefde, romanse, pret en drome saamkom om ‘n pragtige realiteit te word. By De Vette Mossel waarborg ons jou ‘n unieke strand-see omgewing teen onverbeterlike pryse. Kom hou kaalvoet troue op ons strand waar ‘n onvergeetlike seekos-buffet bedien word.

Hoekom De Vette Mossel:

  • Met minstens 300 sonskyndae ‘n jaar, amptelik die beste weer in Afrika.
  • Onverbeterlike foto-geleenthede.
  • Perfekte uitsig op die see en gebruik van afgesonderde strand.
  • Waarskynlik die heel beste venue vir strandtroues in SA;
  • Voortreflike menu @ onverbeterlike pryse;
  • Trou op die strand self of op ons troudek – was ons nader aan die strand, het die branders jou natgespat!

NB. VOLG ASB DIE SKAKEL HIERONDER VIR MEER INLIGTING EN VRAE & ANTWOORDE OOR ONS TROUES.

TROUES: vrae & antwoorde

De Vette Mossel leen hom uitstekend tot jaareind-, spanbou- en ander funksies. Ons kan maklik groot groepe hanteer- die Mossel kan tot 600 GASTE SIT! Die atmosfeer is ook idillies vir verbeeldingryke temas – seerowers, “ Beach Party”, Hawaii, “Fun on the Beach”, ens.

0
Kan in die Grootbrak
Mossel fees!

Hoewel De Vette Mossel gedeeltelik ‘n opelug restaurant is, is alle sitplekke onder afdak. Die hele restaurant kan binne minute toegemaak word, sodat dit ten volle operasioneel is selfs in die geval van reën en sterk wind.

EN AS DIT DALK REËN – MOET NET DIE KLA NIE. DIS AFRIKA EN REËN IS ALTYD ‘N SEËNING.