Loading...
Wie Is Ons Mobile Fusion Slide Header Img Grootbrak De Vette Mossel

GESTIG DESEMBER 2004

WIE’S ONS? WAAR HET DIT BEGIN?

Vroeg in Desember 2004, het eienaar Niël du Bois en ‘n aantal werkers/vriende met Brolloks, ‘n Chev-lorretjie van 1950, hooggelaai met planke, toue en nette op Mosselbaai opgedaag – om na dekades as joernalis sy vrye gees uit te leef en ‘n seekos-eetplek êrens op ‘n strand oop te maak.

Met die Genade van Bo (en te danke aan ‘n munisipale amptenaar of twee wat die visie van ‘n seekos-eetplek op die strand gedeel het) is die eerste De Vette Mossel staangemaak, die deure spreekwoordelik oopgegooi en ….die eerste gaste het opgedaag…en opgedaag…en opgedaag…

Te danke aan volgehoue en gewaardeerde ondersteuning van nuutgevonde mossel-vriende, het De Vette Mossel gegroei en gegroei. Vir Niël is die De Vette Mossel nog steeds soos ‘n vakansie – kaalvoet langs een van die mooiste strande in Suid-Afrika, die blye weersiens van ou Mossel-vriende en die maak van nuwe vriende – elke dag.

Maar De Vette Mossel bestaan nie net uit Niël nie. Staatmaker Nikki Geyer (vir wie niks te veel moeite is nie) is kern tot die Mossel se sukses.

Die dosynstuks braaiers, skoonmakers en kombuispersoneel is ‘n storie op sy eie. Net werklose mense is aangestel, opgelei en vandag is hulle onlosmaakbaar deel van De Vette Mossel-familie. Sonder hulle is De Vette Mossel nie moontlik nie – daarom dat hulle ook in die winste/vrugte van sukses deel.

HIER GAAN ONS GROEN!

Ons by De Vette Mossel lief ons see en die omgewing waarbinne ons opereer. Ons glo dat elke mens, en veral ondernemings soos restaurante, ‘n verpligtiging het om ons wonderlike natuurlike omgewing op te pas en dit volhoubaar en verantwoordelik te benut. Ons is dit aan ons kinders en hul kinders se kinders verskuldig.

Hoewel De Vette Mossel se impak op die omgewing vir ‘n restaurant reg van die begin verstommend klein was, het ons in Augustus 2018 met ‘n verdere reeks aksies begin om ons impak op die omgewing nóg meer te verminder. Met strategiese beplanning, moeite en ‘n paar sent, kry ons dit kry dit reg sonder om enigiets van ons unieke eet-ervaring in te boet!

Die stigter en eienaar van De Vette Mossel, Niël du Bois, is ‘n oud-omgewingsjoernalis en adviseur vir nasionale Ministers van Omgewingsake en Seevisserye.

KONTAK ONS / TARIEWE

Gooi n lyn

NB. MAAK ASB 100% SEKER DAT U BY DIE REGTE DE VETTE MOSSEL BESPREEK – DE VETTE MOSSEL@GROOTBRAK

U wil by DE VETTE MOSSEL@GROOTBRAK bespreek?

Tel: 079 339 0170

Gaan na kontak blad vir pryse, tye, en meer!